Ons kleurvolle land het ons geïnspireer om hierdie pennesakkies te maak, dit voel soos 'n kombinasie tussen ou mieliesakke van die plaas en Afrika-ritme.
Ons unieke en kleurvolle pennesakkies is elkeen anders en spesiaal, om die diversiteit van ons land te weerspieël. Dit word gemaak van hessian aan die agter- en bo-kant met unieke, kleurvolle ShweShwe materiaal aan die voorkant. Dit is groot genoeg vir 'n liniaal van 15 cm.