Maak 'n verskil

Maak 'n verskil

Partykeer wil jy net 'n verskil maak...

 Ons leef in 'n tydperk waar ons konstant bewus is van ons omgewing en die impak wat ons daarop het.  Ons voel dus genoodsaak om 'n verskil te maak, om beter keuses te maak en te dink aan ons jeug se toekoms deur aksie te neem... plant 'n boom, red 'n renoster, maak die oseaan skoon... 

Tegnologie maak dit egter vir ons maklik om deesdae ons gewete skoon te hou, jy kan 'n verskil maak sonder om eens uit te gaan en self die laaste renoster op te pas.  Daar is talle organisasies waar jy skenkings kan maak en siedaar, jy betaal dalk 'n veldwagter se loon.  Ons kan self produkte koop aanlyn en in winkels wat omgewingsbewus is soos bioafbreekbaar (word weer deel van die aarde), herwinde produkte (gemaak van ander afval produkte), omgewingsvriendelik (geen toksiese middels wat die omgewing skade aan doen nie) en ons lys kan aan gaan.

 Dit verg dus van ons bitter min moeite om dalk net 'n pakkie om te draai en te lees of om net 'n skenking of twee te maak. 

 Jy kan 'n verskil maak!!! 

 -Laetitia Deetlefs-

Back to blog

Leave a comment

Please note, comments need to be approved before they are published.